Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Sport Inligting - Uitgawe 39

Submitted by Webmaintainer on

Ons sien baie uit na die GrR en 1 swemgala wat hierdie Vrydag plaasvind. Baie sterkte aan al ons jong swemmers. Die finale rondte van die o/13 proewe vir 2024 sal op Woensdag, 22 November van 12:15 - 13:45 gehou word. Daar sal volgende week Maandag en Woensdag kondisioneringsoefeninge wees vir alle items.

Kultuur Inligting - Uitgawe 39

Submitted by Webmaintainer on

Daar sal geen verdere kooroefening vir die jaar wees nie. Ons beplan 'n heerlike koorafsluiting vir beide die Junior- en Senior Koor einde November. inligting sal nader aan die tyd gedeel word. Ons wil graag die seniors geleentheid gee om eers op hul eksamen te fokus.  Alie Juniorkoor klere moet asseblief teen Maandag, 20 November by Juffrou Tarina se klas in 03 ingehandig word.

Ons waardes

Submitted by Webmaintainer on

Leef die Monnie Manier! Ons as Monnies neem met oorgawe, leef in vrede en respekteer almal. Ons maak tyd vir mekaar, gee altyd ons beste, is gedissiplineerd en erken die unieke potensiaal in elke individu. Ons waardes vorm die fondasie van ons skoolgemeenskap en ons lewe dit met trots uit. Ons is toegewyd aan 'n omgewing waarbinne elke leerder nie net akademies, maar ook emosioneel, sosiaal, en moreel ontwikkel.