Ons missie
Ons wil ons visie doelgerig bereik deur hoë geestelike normes en waardes te handhaaf, effektiewe ouer- en gemeenskapsdeelname, die werwing, opleiding en behoud van gehalte personeel, die effektiewe en professionele bestuur en beheer van die skool, die verryking en ontwikkeling van kurrikulum in ‘n voortdurend veranderende omgewing, die totale menswees van die leerder te ontwikkel, gehalte tegnologie en fasiliteite daar te stel, en die unieke “Monnie Manier” uit te bou.
