Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Lorem ipsum dolor sit amet

Submitted by Webmaintainer on

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Sed laoreet neque at ligula commodo, non porta nisl commodo. Donec consectetur, odio vitae facilisis mollis, mauris eros lobortis massa, sit amet euismod odio risus ut purus. Quisque pellentesque eu turpis sed porttitor. Mauris placerat vel orci eu condimentum. Nulla leo ex, tincidunt quis pulvinar a, porta sit amet quam. Nullam dapibus elit convallis consequat ultricies. Vestibulum tempor urna quis justo mattis interdum. Sed libero lorem, dictum sit amet nulla vitae, dictum egestas tortor.

Leessentrum

Submitted by Webmaintainer on

Ons spog met ‘n nuwe leessentrum wat vanaf graad 4 tot graad 7 daagliks benut word. Tans het ons twee programme beskikbaar vir die leerders, naamlik: Lesers is Leiers (Afrikaans) en Readers are Leaders (English).

Elke leerder word op sy eie spoed en begripsvermoë getoets, om sodoende elke leerder op sy of haar eie vlak te ontwikkel en te bevorder. Ons het jaarliks ‘n leesweek, waartydens ons elke dag leesaktiwiteite en -programme volg om lees vir elke leerder in ’n opwindende reis te verander en belangstelling in lees te kweek.

Mediasentrum

Submitted by Webmaintainer on

‘n Goed toegeruste mediasentrum is tot leerders en onderwysers se beskikking om navorsing te doen of net lekker te lees. Leerders word aangemoedig om hierdie sentrum optimaal te benut en aan te wend met suksesvolle leer as doelwit. Die mediasentrum bestaan uit 21 000 boeke wat in junior- en seniorafdelings vir verhale en vakliteratuur onderskeidelik ingedeel is.

Die mediasentrum word gedurende pouses deur onderwysassistente beman, sodat leerders boeke kan uitneem of sommer net lekker kan ontspan met ‘n boek in die hand.

Rekenaarsentrum

Submitted by Webmaintainer on

Die skool beskik tans oor twee goed toegeruste rekenaarsentrums wat ‘n skootrekenaar vir elke leerder in die klas insluit.

Die een sentrum word vir lees aangewend en die tweede sentrum vir rekenaars en robotika.
Grondslagfaseleerders leer basiese rekenaarvaardighede en word aan kodering blootgestel deur lyfie-kodering, die volg van stap-vir-stap-instruksies, asook probleemoplossingsvaardighede. Ons maak van programme soos Sebran, Paint, Paint 3D, EduPlay en Scratch Junior gebruik.

Google-rekeninge

Submitted by Webmaintainer on

Elke kind in die skool het ‘n Google-rekening wat streng deur die skool beheer word.  Hierdeur kry hulle toegang tot Google Classroom, waarop al die werk wat behandel word aan die begin van elke siklus gelaai word.  So het die leerders toegang tot alle inligting en skyfiereekse wat in die klas behandel word, sou hulle afwesig wees of om vir voorbereiding vir assesserings te gebruik.

Robotika

Submitted by Webmaintainer on

Die skool bied robotika as buitemuurse aktiwiteit aan en neem jaarliks aan kompetisies soos die Klofie-robotikakompetisie en FLL (Lego-robotte) deel.

Spelling Bee

Submitted by Webmaintainer on

Die Spelling Bee is ‘n Engelse spelkompetisie waar leerders in graadverband teen mekaar kompeteer om te sien wie die beste speller is. Die eerste twee beste spellers van graad 6 word vir die departement van onderwys se Spelling Bee-kompetisie ingeskryf.

Toastmasters Youth Leadership Course

Submitted by Webmaintainer on

Laerskool Monumentpark bied reeds vanaf 2015 die gesogte Toastmasters Youth Leadership-kursus aan. Hierdie kursus bied aan graad 6 en 7 leerders die geleentheid om oor ‘n tydperk van agt weke hulle kommunikasie- en leierskapsvaardighede te verbeter. Die kursus word in Engels deur die Pretoria 2000 Toastmasters Club aangebied, volgens die standaarde wat deur Toastmasters International gestel word.

Grondslagfase (Graad R tot Graad 3)

Submitted by Webmaintainer on

Ons liefdevolle en ervare  personeel ontvang alle Monnies elke dag. Met toewyding en ondersteuning sorg hulle dat die ervaring by die skool die lekkerste-lekker is! 

Die skool volg die departementele kurrikulum met ‘n streng fokus op ‘n goeie fondasie van kernbegrippe. 
Addisioneel, ontvang die leerders ook weekliks onderrig in die volgende vakke: