Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Sport Inligting - Uitgawe 36

Submitted by Webmaintainer on

Sterkte met hierdie week se twee vriendskaplike galas en ook met volgende week se A en B swemligas! Oefentye vir die A en B swemsRane die kwartaal: Maandae tot Vrydae: 14:15 - 15:15. ATLETIEK  Baie geluk aan ons atlete wat Dinsdag, 24 Oktober by Laerskool PTA-Oos deelgeneem het en die Monnie naam so hoog gehou. Julle maak ons trots. Neem asb kennis van die nuwe oefentye vanaf 30 Oktober tot 10 November. Oefeninge sal slegs op Dinsdae en Donderdae wees. 

Monnies Presteer - Uitgawe 36

Submitted by Webmaintainer on

Ons A-swemspan het behoorlik skoonskip gemaak verlede week tydens hulle gala by Laerskool Voorpos. Baie geluk aan elke swemmer wat so hard oefen en die skool se naam hoog hou in die swembad. Baie geluk aan ons atlete wat Dinsdag by Laerskool PTA-Oos deelgeneem het en die Monnie naam so hoog gehou. Julle  maak ons trots.

Kultuur Inligting - Uitgawe 36

Submitted by Webmaintainer on

Ons is baie opgewonde oor ons 2024 redenaars seisoen, ATKV het reeds tema's bekend gemaak vir ons redenaars om te begin voorberei. Daar sal in Januarie 'n kursus by die skool aangebied word oor die skryf en aanbied van redenaars toesprake. Toesprake kan ook solank bestel word op verskeie platforms.

Sport Inligting - Uitgawe 35

Submitted by Webmaintainer on

Baie geluk aan ons atlete wat Dinsdag, 17 Oktober tydens ons eerste vriendskaplike byeenkoms baie goed presteer het. Ons sien uit na ons volgende byeenkoms wat op Dinsdag, 24 Oktober by Laerskool Pretoria-Oas gehou word. Neem asb kennis van die nuwe oefentye tot en met 27 Oktober.

Monnies Presteer - Uitgawe 35

Submitted by Webmaintainer on

Baie geluk aan die leerders wat verkies is as Monnie van die Maand. Jul le leef die Monnie Manier so mooi uit. Mag julle aanhou ander inspireer om dieselfde te doen, Op Sondag, 15 Oktober het die Seniorkoor by die Cantamus Koorfees by die Voortrekkermonument opgetree. Dit was 'n ongelooflike voorreg om in die Monument te kon optree. Ons is trots op al die koorlede.

Kultuur Inligting - Uitgawe 35

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons en ook in die saal. 
Stuur gerus alle uitslae, met 'n foto aangeheg, na kultuur@monnies.co.za 
Sertifikate, medaljes en trofees wat in die saal uitgedeel kan word, kan geneem word na: 

  • Juniors - Juf Adri van Niekerk (B6) 
  • Seniors - Juf Lize Hattingh in (D9 - rekenaarsentrum) 

Alie sertifikate moet asseblief in 'n plastiese leersakkie geplaas word om te keer dat dit beskadig

Sport Inligting - Uitgawe 34

Submitted by Webmaintainer on

Baie sterkte aan ons A- en B-swemspanne wat vanmiddag aan hul eerste gala deelneem. Ons hou styf duime vas en weet sommer dat julle  die Monnie naam gaan hoog hou in die water.OefentY-e vir die A en B swemsRane die kwartaal: Maandae tot Vrydae: 14:15 - 15:15.
GHOLF 
Gebruik asseblief die skakel om by die Gholf WhatsApp-groep aan te sluit: 
https://chat.whatsapp.com/HCB 1 Dlx1 atpEfficK549cJ 

Monnies Presteer - Uitgawe 34

Submitted by Webmaintainer on

Ons is vreeslik trots op die volgende Monnies wat plekke behaal het by die Podiumpret Nasionale redenaars finaal. Ferdie le Grange, graad 5, plaas derde vir Afrikaanse lees onvoorbereid - verhaal; Nua Steyn, graad 1, plaas derde vir Redenaars; Joshua Steyn tree uit as wenner van graad 3 Redenaars-ervare sprekers, as wenner word sy naam ook op 'n plaatjie by die Afrikaanse Taal monument aangebring.

Kultuur Inligting - Uitgawe 34

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons en ook in die saal. Stuur gerus alle uitslae, met 'n foto aangeheg, na kultuur@monnies.co.za. Sertifikate, medaljes en trofees wat in die saal uitgedeel kan word, kan geneem word na: Juniors - Juf Adri van Niekerk (86) Seniors - Juf Lize Hattingh in (D9 - rekenaarsentrum). Alie sertifikate moet asseblief in 'n plastiese leersakkie geplaas word om te keer dat dit beskadig.