Wie is Monnies?
Laerskool Monumentpark of Monnies, soos daar liefdevol na die skool verwys word, is geleë in die Ooste van Pretoria in die boomryke buurt, Monument Park. Monnies, gevestig in 1971, is ‘n skool met ‘n omgee hart en waar elke kind ‘n spesiale plek het om tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel. Hier leer ons hard maar maak ons ook tyd vir speel, pret, sport, lees, kultuur en mees belangrik, maak ons ook tyd vir mekaar.
Ons is baie bly dat jy Monnies as moontlike skool vir jou kind oorweeg. Die webtuiste sal die meeste van u vrae beantwoord, maar moenie huiwer om ons te kontak met enige verdere navrae nie.
Monnies Gee Om
Monnies Gee om vir mekaar, die gemeenskap, die natuur, ons terrein, ons land en sommer vir baie meer!