Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Ons waardes

Submitted by Webmaintainer on

Leef die Monnie Manier! Ons as Monnies neem met oorgawe, leef in vrede en respekteer almal. Ons maak tyd vir mekaar, gee altyd ons beste, is gedissiplineerd en erken die unieke potensiaal in elke individu. Ons waardes vorm die fondasie van ons skoolgemeenskap en ons lewe dit met trots uit. Ons is toegewyd aan 'n omgewing waarbinne elke leerder nie net akademies, maar ook emosioneel, sosiaal, en moreel ontwikkel.

Ons missie

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil ons visie doelgerig bereik deur hoë geestelike normes en waardes te handhaaf, effektiewe ouer- en gemeenskapsdeelname, die werwing, opleiding en behoud van gehalte personeel, die effektiewe en professionele bestuur en beheer van die skool, die verryking en ontwikkeling van kurrikulum in ‘n voortdurend veranderende omgewing, die totale menswees van die leerder te ontwikkel, gehalte tegnologie en fasiliteite daar te stel, en die unieke “Monnie Manier” uit te bou.

Ons visie

Submitted by Webmaintainer on

Laerskool Monumentpark streef daarna om ‘n skool van uitnemendheid te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys en opvoeding.