Sport Inligting - Uitgawe 6
Ons verstaan dat u as ouers graag die oefentye vir die jaar asook die voorgestelde kamp datums so vroegtydige as moontlik wil hê.
Ons verstaan dat u as ouers graag die oefentye vir die jaar asook die voorgestelde kamp datums so vroegtydige as moontlik wil hê.
Veels geluk aan ons ses atlete wat deurdring na die distriksbyeenkoms op Donderdag, 22 Februarie.
Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons en ook in die saal. Indien u kind aan enige kultuuraktiwiteite deelgeneem het, stuur asseblief die uitslae, met 'n foto aangeheg, na bemarker@monnies.co.za.
Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons asook in die saa
Ons is baie opgewonde oor die Fietsry seisoen van 2024 wat sommer vroeg in Februarie 2024 afskop. Ouers moet so gou moontlik deel word van die fietsry WhatsApp groep. Baie belangrike informasie sal hier deur gegee word. Enige leerder is welkom om deel te vorm van die span. Leerders benodig 'n bergfiets en 'n valhelm. Sien onderstaande belangrike datums. Enige verdere inligting kan verkry word by Juffrou Elzette Myburg.
Baie geluk Monnies met 'n uitstekende dag by Cluster! Geluk aan elke Monnie wat in die bloedige hitte ALLES gegee het en ons trots gemaak het. Dankie ook aan elke beampte wat ons kinders so positief motiveer het terwyl julle kliphard gewerk het. Ons waardeer julle baie!
Ons top atlete het Saterdag by Hoërskool Waterkloof deelgeneem aan die top 10 Byeenkoms en baie goed presteer. Baie geluk aan Carter van Niekerk en Jannes Barnard wat albei Brons medaljes gewen het. Ongelukkig het die weer ons gevang voor die finale, waarin baie van ons atlete sou hardloop, kon plaasvind.
Ons eerste Monnies van die maand vir 2024 is aangekondig en ons kan nie trotser wees nie. Baie dankie vir julle mooi voorbeeld van Monnie wees. Julle is 'n inspirasie vir ons ander.
Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons asook in die saal. Stuur gerus alle uitslae, met 'n foto aangeheg, na bemarker@monnies.co.za
Kopiereg 2026 © Laerskool Monumentpark. All regte voorbehou. Geskep deur Starbright