Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Lees ons nuutste Monnie Gons Sport uitgawe hier.

Sport Inligting - Uitgawe 1

Submitted by Webmaintainer on

Op Vrydag, 19 Januarie vind ons jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms plaas. Die inligtingsbrief, spanlys en die program is op die d6 beskikbaar. Slegs atlete wat op die spanlys is sal deelneem, sowel as nuwe leerder en leerders wat beseer was tydens die massasport byeenkoms.

Sport Inligting - Uitgawe 40

Submitted by Webmaintainer on

ATLETIEK : Daar sal volgende week Maandag en Woensdag kondisioneringsoefeninge wees vir alle items. NETBAL : Ons wil graag alle netbaldogters aanmoedig om by die atletiek kondisionering oefeninge aan te sluit vir fiksheid en kondisionering voor die netbalseisoen.

Sport Inligting - Uitgawe 39

Submitted by Webmaintainer on

Ons sien baie uit na die GrR en 1 swemgala wat hierdie Vrydag plaasvind. Baie sterkte aan al ons jong swemmers. Die finale rondte van die o/13 proewe vir 2024 sal op Woensdag, 22 November van 12:15 - 13:45 gehou word. Daar sal volgende week Maandag en Woensdag kondisioneringsoefeninge wees vir alle items.

Sport Inligting - Uitgawe 38

Submitted by Webmaintainer on

Neem asseblief kennis dat daar a.g.v. netbal en rugbyproewe geen atletiekoefening sal wees vanaf 13 tot 17 November nie. Oefentye vir die res van die kwartaal sal volgende week gekommunikeer word. NETBAL Daar sal volgende week geen netbaloefeninge wees nie, slegs proewe vir spanne wat nie in die week afgehandel kon word nie.

Sport Inligting - Uitgawe 37

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil graag tydens die jaarlikse meriete aand erkenning gee aan ons leerders wat deelgeneem het aan sport wat nie by die skool aangebied word nie en uitstaande prestasies opgelewer het op provinsiale en nasionale vlak. Ouers van hierdie leerders is welkom om die skakel te volg en die vorm te voltooi voor of op Woensdag, 8 November: https://forms.gle/J2B2g5iZWbqdDDTs7 SWEM  Sterkte met hierdie week se twee vriendskaplike galas en ook met volgende week se A en B swemligas.  Oefentxe vir die A en B swemsRane die kwartaal:  Maandae tot Vrydae: 14:15 - 15:15.

Sport Inligting - Uitgawe 36

Submitted by Webmaintainer on

Sterkte met hierdie week se twee vriendskaplike galas en ook met volgende week se A en B swemligas! Oefentye vir die A en B swemsRane die kwartaal: Maandae tot Vrydae: 14:15 - 15:15. ATLETIEK  Baie geluk aan ons atlete wat Dinsdag, 24 Oktober by Laerskool PTA-Oos deelgeneem het en die Monnie naam so hoog gehou. Julle maak ons trots. Neem asb kennis van die nuwe oefentye vanaf 30 Oktober tot 10 November. Oefeninge sal slegs op Dinsdae en Donderdae wees. 

Sport Inligting - Uitgawe 35

Submitted by Webmaintainer on

Baie geluk aan ons atlete wat Dinsdag, 17 Oktober tydens ons eerste vriendskaplike byeenkoms baie goed presteer het. Ons sien uit na ons volgende byeenkoms wat op Dinsdag, 24 Oktober by Laerskool Pretoria-Oas gehou word. Neem asb kennis van die nuwe oefentye tot en met 27 Oktober.

Sport Inligting - Uitgawe 34

Submitted by Webmaintainer on

Baie sterkte aan ons A- en B-swemspanne wat vanmiddag aan hul eerste gala deelneem. Ons hou styf duime vas en weet sommer dat julle  die Monnie naam gaan hoog hou in die water.OefentY-e vir die A en B swemsRane die kwartaal: Maandae tot Vrydae: 14:15 - 15:15.
GHOLF 
Gebruik asseblief die skakel om by die Gholf WhatsApp-groep aan te sluit: 
https://chat.whatsapp.com/HCB 1 Dlx1 atpEfficK549cJ