Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Lees ons nuutste Monnie Gons Sport uitgawe hier.

Sport Inligting - Uitgawe 5

Submitted by Webmaintainer on

Ons is baie opgewonde oor die Fietsry seisoen van 2024 wat sommer vroeg in Februarie 2024 afskop. Ouers moet so gou moontlik deel word van die fietsry WhatsApp groep. Baie belangrike informasie sal hier deur gegee word. Enige leerder is welkom om deel te vorm van die span. Leerders benodig 'n bergfiets en 'n valhelm. Sien onderstaande belangrike datums. Enige verdere inligting kan verkry word by Juffrou Elzette Myburg.

Sport Inligting - Uitgawe 4

Submitted by Webmaintainer on

Ons top atlete het Saterdag by Hoërskool Waterkloof deelgeneem aan die top 10 Byeenkoms en baie goed presteer. Baie geluk aan Carter van Niekerk en Jannes Barnard wat albei Brons medaljes gewen het. Ongelukkig het die weer ons gevang voor die finale, waarin baie van ons atlete sou hardloop, kon plaasvind.