Email Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark on InstagramLaerskool Monumentpark on Facebook

Lees ons nuutste Monnie Gons Kultuur uitgawe hier.

Kultuur Inligting - Uitgawe 39

Submitted by Webmaintainer on

Daar sal geen verdere kooroefening vir die jaar wees nie. Ons beplan 'n heerlike koorafsluiting vir beide die Junior- en Senior Koor einde November. inligting sal nader aan die tyd gedeel word. Ons wil graag die seniors geleentheid gee om eers op hul eksamen te fokus.  Alie Juniorkoor klere moet asseblief teen Maandag, 20 November by Juffrou Tarina se klas in 03 ingehandig word.

Kultuur Inligting - Uitgawe 38

Submitted by Webmaintainer on

Dit is weer die tyd van die jaar waar ons vir ons kinders wat gepronk het in kultuur erkenning wil gee by die skool se meriete aand. Die aansoeke tot meriere erkenning is op D6 geplaas en kan ingehandig word by Sinomie in die kantoor. Aansoeke vir Kultuurtoekennings sluit Vrydag 13:30. Vul asb die gepaste vorm in en handig in by die kantoor. Moet nie bekommer oor die punte toediening nie, ons sal dit uitwerk. As u nie seker is of die prestasies genoeg is vir 'n toekenning nie vul gerus steeds die aansoek vorm in. 

Kultuur Inligting - Uitgawe 36

Submitted by Webmaintainer on

Ons is baie opgewonde oor ons 2024 redenaars seisoen, ATKV het reeds tema's bekend gemaak vir ons redenaars om te begin voorberei. Daar sal in Januarie 'n kursus by die skool aangebied word oor die skryf en aanbied van redenaars toesprake. Toesprake kan ook solank bestel word op verskeie platforms.

Kultuur Inligting - Uitgawe 35

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons en ook in die saal. 
Stuur gerus alle uitslae, met 'n foto aangeheg, na kultuur@monnies.co.za 
Sertifikate, medaljes en trofees wat in die saal uitgedeel kan word, kan geneem word na: 

  • Juniors - Juf Adri van Niekerk (B6) 
  • Seniors - Juf Lize Hattingh in (D9 - rekenaarsentrum) 

Alie sertifikate moet asseblief in 'n plastiese leersakkie geplaas word om te keer dat dit beskadig

Kultuur Inligting - Uitgawe 34

Submitted by Webmaintainer on

Ons wil graag aan al ons leerders wat aan kultuur deelneem erkenning gee in die Monnie Gons en ook in die saal. Stuur gerus alle uitslae, met 'n foto aangeheg, na kultuur@monnies.co.za. Sertifikate, medaljes en trofees wat in die saal uitgedeel kan word, kan geneem word na: Juniors - Juf Adri van Niekerk (86) Seniors - Juf Lize Hattingh in (D9 - rekenaarsentrum). Alie sertifikate moet asseblief in 'n plastiese leersakkie geplaas word om te keer dat dit beskadig.