KULTUUR
Monnies het ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite en elke jaar vaar die leerders uitstekend op die verskeie verhoë. By Monnies kan ons Kultuur-kinders hul kreatiwiteit en spog-talente ten volle ontwikkel en uitleef.
Monnies Kultuuraktiwiteite:
Seniorkoor
Juniorkoor
Junior Spreekkoor
Drama
Redenaars
Eisteddfod / Kunstefeeste
Ogiefees (Kultuurfees)
Toastmasters
Revue
Mnr en Mej Monnie
Voortrekkkers
SPORT
Noem ‘n sport en Monnies speel dit met oorgawe en passie in verskeie spanne per ouderdom.
Deur spesialis afrigting verseker ons dat ons kinders aktief bly en sommer in die proses ‘n reeks waardevolle vaardighede en die waarde van spanwerk aanleer. So leer hul ook ‘n liefde vir sport en het hul verskeie geleenthede om hul talente op plaaslike, provinsiale en selfs nasionale vlak te ontwikkel.
Monnies bied die volgende sportsoorte aan:
Atletiek
Swem
Landloop
Rugby
Bulletjie-rugby
Netbal
Mini Netbal
Tennis
Hokkie
Mini Hokkie
Krieket
Bev-krieket
Skaak
Tweekamp
Bergfietsry
Gholf
Stoei
AKADEMIE
Ons spog met ‘n gedugte span opvoeders wat elkeen uitstekende kenners van hul onderskeie vakgebiede is. Hulle is toegewyd en liefdevol en is bereid om die spreekwoordelike “ekstra myl” vir die leerlinge te loop. Ons slaag goed daarin om elke Monnie daagliks met ‘n glimlag huis toe te stuur. Ons bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aan om die leerders te verryk soos (Anti) Boelieweek, Leesweek, Expo’s, Olimpiades en ons het ‘n goed toegeruste Mediasentrum, Leessentrum en Rekenaarsentrum.
Buite aktiwiteite soos: Eksperi-buddies, Semas en Tjomme met Somme word deur buite instansies aangebied aan ons leerders.
Vir meer inligting oor Monnies se akademie, kontak ons gerus by akademie@monnies.co.za.
Grondslagfase (Graad 1 tot Graad 3)
Ons ervare en liefdevolle personeel ontvang alle Blinkoog Monnies elke dag. Met toewyding en ondersteuning sorg hulle dat die ervaring by die skool elke dag die lekkerste-lekker is! Laerskool Monumentpark het 6 Graad R, 5 Graad 1 en 2, en 6 Graad 3 klasse.
Lees Meer• Afrikaans (huistaal)
• Engels (eerste addisionele taal)
• Wiskunde
• Lewensvaardigheid
Addisioneel tot bogenoemde vakke, ontvang die leerders ook weekliks onderrig in die volgende vakke:
• Sepedi (Graad 1 & 2) – een keer per week
• KDA – ontwikkeling van groot motoriese vaardighede – twee keer per week
• Rekenaarvaardigheid – een keer per week
Die Mediasentrum word een maal per week besoek om boeke uit te neem.
Intersenfase (Graad 4 tot Graad 7)
By Laerskool Monumentpark is uitnemendheid die dryfveer agter ons akademiese sukses. ‘n Hoogsgekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps lei met entoesiasme, terwyl ‘n goeie balans tussen tradisionele en innoverende onderrigmetodes gehandhaaf word.
Lees MeerVakke wat aangebied word:
• Tale: Afrikaans en Engels
• Wiskunde
• Lewensvaardigheid: Lewensoriëntering, KDA, Visuele Kuns, Uitvoerende Kuns (Gr 4-6)
• Lewensoriëntering (Gr 7)
• Natuurwetenskap & Tegnologie (Graad 4-6)
• Natuurwetenskap (Gr 7)
• Sosiale Wetenskap
• Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Gr 7)
• Tegnologie (Gr 7)
• Kuns & Kultuur (Gr 7)
• Rekenaargeletterdheid (nie vir eksamendoeleindes)
• Robotika (Gr 6 & 7 – nie vir eksamendoeleindes)
Leessentrum & -week
Ons spog met ‘n nuwe leessentrum wat vanaf graad 4 tot graad 7 daagliks benut word. Tans het ons twee programme beskikbaar vir die leerders, naamlik: Lesers is Leiers (Afrikaans) en Readers are Leaders (English).
Lees Meer
Mediasentrum
‘n Goed toegeruste mediasentrum is tot Leerders en Onderwysers se beskikking om navorsing te doen of net lekker te lees. Leerders word aangemoedig om hierdie sentrum optimaal te benut en aan te wend met suksesvolle leer as doelwit. Die Mediasentrum bestaan uit 14,000 boeke wat in Junior en Senior verhale en vakliteratuur afdelings ingedeel is.
Lees MeerOns mediasentrum het ook Encarta rekenaarprogramme beskikbaar vir vinnige opsoek van inligting en navorsing. Ons hou gereeld uitstallings waar ‘n spesifieke tema uitgebeeld word en dit help om die mediasentrum altyd interessant te hou.
Die Mediasentrum staan onder leiding van Me. Belinda Buitendag.
Rekenaarsentrum
In vandag se moderne wêreld waar alles uit rekenaars bestaan, is dit goed dat leerders al op ‘n vroeë ouderdom kennis maak met ons tegnologie. By Laerskool Monumentpark het ons ‘n goed ingerigte Rekenaarsentrum met ‘n aantal skootrekenaars waarby elke leerder in die skool ‘n kans kry om die tegnologie baas te raak. Ons leerders word die basiese vaardighede van die Microsoft-produkte wat hulle sal gebruik in hulle skoolfase aangeleer, naamlik: Word, Publisher en PowerPoint.
Lees MeerRekenaars is ‘n lekker vak omdat die leerders self sien wat hulle bereik gedurende ‘n les, hier leer hulle iets wat hulle vir die res van hulle lewe gaan gebruik.
Kids Code word ook in ons rekenaarsentrum aangebied as ‘n buitemuurse aktiwiteit. Hier leer Gr 2-7 gevorderde rekenaar vaardighede aan, asook hoe om basiese rekenaar programme en speletjies te programmeer. Probleemoplossing en kritiese denkvaardighede word ontwikkel en die leerders kry die geleentheid om programmering as ‘n taal aan te leer.
Kreatiwiteitsfees
Spelling Bee
ABE Bailey
Toastmasters Youth Leadership Course
Opleidingsessies in kommunikasievaardighede behels onder andere die struktuur van ‘n toespraak, gebruik van rekwisiete en goeie lyftaal. Die leerders se leierskapsvaardighede word bevorder deurdat hulle verskeie leierskapsposisies tydens die sessies beklee bv. voorsitter.