HOEKOM MONNIES?

Wat bied Monnies alles?

► Innoverende les-aanbieding;
► Ervare en uitsonderlike onderwysers;
► Jongste tegnologie;
► Leerder-ondersteuning;
► Deelname & Erkenning;
► Sport – om van die kies en keur;
► Monnies gee om vir mekaar, en die gemeenskap;
► Kultuur-plesier;
► Monnie Manier & Waardes.

 

Monnie Visie en Missie

Ons Visie
Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en -vaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word.

Ons Missie
Ons wil ons visie doelgerig bereik deur:


• Hoë geestelike normes en -waardes te handhaaf;
• effektiewe ouer- en gemeenskapsdeelname;
• die werwing, opleiding en behou van gehalte personeel;
• die effektiewe en professionele bestuur en beheer van die skool;
• die verryking en ontwikkeling van kurrikulum in ‘n voortdurende veranderende omgewing;
• die totale menswees van die leerder te ontwikkel;
• gehalte tegnologie en fasiliteite daar te stel;
• die unieke “Monnie Manier” uit te bou.

 

Leef die Monnie-Manier!

‘n Monnie, Monnie ouer en -onderwyser...
Lees Meer


• Neem met oorgawe deel;
• Leef in vrede met ander;
• Respekteer alle mense;
• Maak tyd vir mekaar;
• Doen altyd hul bes;
• Is gedissiplineerd;
• Erken prestasie;
• Is positief;
• Is trots.

Monnies Leerderondersteuningsentrum

By Monnies is dit vir ons baie belangrik dat elke kind die geleentheid gegun word om hul volle potensiaal te bereik. Die groeiende behoefte aan individuele akademiese-, emosionele- en sosiale ondersteuning was die dryfveer agter die daarstelling van Monnies se Leerderondersteuningsentrum.
Lees Meer


Die hoofdoel van hierdie sentrum is om enige struikelblok tot leer te identifiseer, aan te spreek, op te volg en te monitor tot voordeel van elke kind. Die sirkel van rolspelers is gedurig aan die groei en sluit in: neuroloë, psigiaters, sielkundiges, beraders, spelterapeute, welsynwerkers, spraakterapeute en arbeidsterapeute. Deurlopende kommunikasie met ouers en onderwysers as deel van die span is van kardinale belang. Mev. Bessie Stofberg staan aan die hoof van die LO-afdeling, saam met Me. Elisma Williams (Opvoedkundige Sielkundige) en Me. Carine Labuschagne, nooi hulle voornemende ouers vriendelik uit om enige tyd kontak met die span te maak by ondersteuning@monnies.co.za

Monnies Fasiliteite

Laerskool Monumentpark spog met ‘n pragtige terrein. Daar is meer as genoeg plek vir elke Monnie om nog kind te wees en kaalvoet te speel op die groen gras.
Lees Meer


Naas die sportvelde, spog Monnies ook met:
Robotika, Rekenaar en Wetenskap Laboratoriums;
Spog sportvelde insluitende:
* Mini hokkie Astro;
* Swembad;
* Buitelug skaakbord;
Naskool Fasiliteite;
Graad R Sentrum;
Saal, met jongste tegnologie vir eerste klas optredes en geleenthede
Toesluitkassies vir leerders

Blinkoog Monnies Naskooltuiste

Laerskool Monumentpark se naskoolsentrum, bedryf deur Blinkoog Monnies NPC, is in 2013 geopen en is ‘n ware naskool tuiste vir ons leerders.
Lees Meer


Die personeel van die naskool se doelwit is om ‘n veilige en geborge omgewing vir elke leerder te skep, sodat ouers hul dagtake kan verrig. Hulle prioriteit is die voltooiing van leerders se huiswerk. Leerders kan ook deelneem aan kultuur-, sport- en ander aktiwiteite wat op die skoolterrein aangebied word.
Heerlike gebalanseerde middagetes word op ‘n daaglikse basis in ons ruim toegeruste eetsaal voortgesit. Die tarief vir etes is baie billik en word vars voorberei deur die Monnies Snoepie. Leerders wat nie in die eetsaal eet nie, kry ook die geleentheid om hul eie te nuttig of onder toesig te speel. Leerders ontvang elke middag 16:00 yskoue water en ete-maatjies kry ‘n toebroodjie. Die naskool beskik ook oor ‘n goed toegeruste siekekamer waar leerders met liefde na omgesien word.
‘n Goed georganiseerde vakansieskool met interessante projekte word tydens skoolvakansies aangebied.
Tye: Graad 1 – 7: 13:30 – 17:30
Vakansieskool: 07:00 – 17:30

Buitemuurse Skoolaktiwiteite

Verskeie Buitemuurse aktiwiteite vind daagliks op Monnies se terrein plaas, wat help om die totale menswees van leerders ontwikkel.
Lees Meer

ALGEMEEN
Blinkoog Monnies NaskooltuisteMarlene Pienaar071 604 3978admin@blinkoogmonnies.co.za
Monnies SnoepieAntoinette Minaar082 332 9551
AKADEMIE
Abacus MathsVanja Müller082 777 8455vanya@abacusmaths.co.za
A Plus StudentsAlmari Thiart083 279 8300almarit@aplusstudents.co.za
Experi- MaatjiesHenriette Minnaar082 777 9341henriette@experi.co.za
RekenaarklassiesRina Reynecke083 458 4777info@jclick.co.za
Tjomme met SommeDemi Bezuidenhout065 339 2567tms.monumentpark@gmail.com
SPORT
Expression SwimmersCharlene de Souza084 517 1817charlene@expression.co.za
GooseStep Rugby AkademieRudi Dreyer079 365 7150rugby@goosestep.co.zawww.goosestep.co.za
Hockey HeroesCeleste Maritz083 277 5002
Monnies Hokkie AkademieMarlie Pringle076 745 1364marliepringle@yahoo.com
Monnies Netbal AkademieAlicia Dippenaar083 379 5090
PMA JudoLouis Nolte082 907 1341plnolte1@gmail.com
StoeiNeels de Jager071 480 8116liezl@nwasa.co.za
Van der Westhuizen Tennis AcademyWillie van der Westhuizen082 465 9287willievdw@gmail.comwww.vdwta.com
Monnies Krieket Akademiemonnieskrieketakademie@gmail.com
GimnastiekMagda082 225 8232
PlaygolfTerence Westcott082 307 5050terence@playgolfkids.co.za
KULTUUR
Klapperkop Voortrekker KomandoDaleen Goosen-Prinsloo082 413 2780admin@klapperkop.co.zawww.klapperkop.co.za
Dance MouseTasha072 210 3586
BalletRochelle083 310 0121
Dance & Model AcademyMelinda Brummer083 521 9676melindabrummer@yahoo.com
Monumentpark MusieksentrumAlrika Klopper083 454 9970navrae@monniemusiek.co.za
PottebakkeryAnnelize082 779 0378blueavenue1@gmail.com
Ilze Vlok083 301 8003ilze.vlok@gmail.com
Sweef DramaCelia van den Berg082 565 5082celia@3gi.co.za