Advertensiemoontlikhede
Ons bied verskeie bemarkingsgeleenthede aan vir huidige, asook potensiële nuwe adverteerders en/of borge. U reklame by die skool bereik op ‘n daaglikse basis ‘n direkte teikenmark. Die ondersteuning wat u op hierdie wyse aan ons leerders en skoolgemeenskap bied, hou vir u organisasie al die bemarkingsvoordele en gepaardgaande groei in. Deur u ondersteuning, help u ons om die nodige fondse te genereer om ons ideale te bereik en om sodoende te verseker dat ons leerders steeds die beste onderrig op akademiese-, sport- en kulturele gebied ontvang. Ons nooi u om deel te word van ons innoverende bemarkingsveldtog om sodoende pro-aktief ‘n wen–wen verhouding vir beide partye te bewerkstellig.
• DigiTV Advertensies
• Monnie Gons
• Huiswerkboekies
• Facebook
• Gholfdag / Damesoggend