Tennis

By Laerskool Monumentpark vind die tennis ligas plaas in die 1ste en 3de kwartaal, maar ons neem deel deur die jaar aan toernooie en hou ons eie Rondomtalie-toernooi in die 4de kwartaal.

Ons twee eerste spanne speel beide in die A-liga. Daar is ongeveer 400 leerlinge wat by die Van der Westhuizen Akademie tennis speel. Afrigting vind plaas by die Monument Park Tennisklub, en ons is bevoorreg om Willie van der Westhuizen as ons afrigter te hê. Die klubbane is slegs 700m van die skool af geleë. Vervoer is beskikbaar vanaf die skool na die bane in die tennisbussie.

Meer inligting beskikbaar by www.vdwta.com