Swem

Deur die loop van die jaar swem daar gemiddeld 103 swemmers met trots vir Laerskool Monumentpark.

Laerskool Monumentpark het 2 swemspanne. Die A-span neem deel in die A-liga en die B-span neem deel in die F-liga. Die Afrikaans- en Engelse skole swem nou saam in die 1ste en 4de kwartaal. Tydens die 1ste kwartaal vind Monnies se Interhuisgala plaas, en ons junior en senior Victor en Victrix Ludorms word aangewys. Die Graad R en 1 swemgala vind plaas in die 4de kwartaal.

Die swemspan word saamgestel volgens die tye wat hul geswem het. Daar word vriendskaplike galas geswem gedurende die 1ste kwartaal, en in die toekoms dalk ook Friendly Fridays. Tussenin pas ons ook ‘n oefening in by TUKS se swembad. In die 3de kwartaal vind die Lentegala plaas. Hier word elke Monnie weer die geleentheid gegee om te kan deelneem en dan word daar weer ‘n span gekies wat deelneem aan die vriendskaplike galas en Friendly Fridays wat in die 4de kwartaal plaasvind. Laerskool Monumentpark word ook in die 4de kwartaal genooi na ‘n day/night gala by Woodhill College, waar slegs die nr. 1 swemmer van elke slag deelneem.

Mev Charlene da Souza is ons skool se afrigter. Daar is elke dag gratis afrigting vir ons skoolspan vanaf 13:40 tot 14:30. Sy bied ook swemlesse aan van beginners tot gevorderd. Willem Oosthuizen is ook ‘n afrigter wat ons skool se swemfasiliteite gebruik en swemmers kan afrigting by hom kry teen ‘n tarief.