SPORT

By Laerskool Monumentpark bied sport die geleentheid aan leerders om deel te neem as individue, maar ook in spanverband. Sport beoefening by Monnies het dit ten doel om die leerders se vaardighede te ontwikkel en deelname te verseker. Dit is ons doel om ons leerders die geleentheid te gee om ten volle hul sport te beoefen en hulle potensiaal te bereik. Die afrigting word deur van ons eie onderwyspersoneel behartig, maar in sommige gevalle ook ondersteun en bygestaan deur entoesiastiese ouers en buite afrigters.

Vir meer inligting rakende ons Sport Departement, kontak ons by sport@monnies.co.za