Skaak

Skaak bied u kind die vermoë om te leer, te dink en vooruit te beplan. Dit versterk ook kinders se geheue en Wiskundige vermoëns. Skaak word deur die jaar aangebied. ‘n Baie bekwame buite-afrigter rig ons opkomende skaaksterre af. Dit is ‘n sport wat sterk deur die skool en ouers ondersteun word.

Ons speel in die 2de kwartaal in die A liga en tydens die 3de kwartaal in die Beginnersliga. Elke kind vanaf Graad R is welkom om aan die uiters stimulerende sport deel te neem.
Die O/11A en 0/13A liga-spanne kry Maandagaande 16:30 – 18:00 afrigting by Justin Wilken.
Die O/9A ligaspanne en leerders wat weet hoe stukke beweeg oefen Dinsdagmiddae 13:45 – 14:45.

Die leerders wat graag skaak wil leer speel oefen Donderdagmiddae om 13:45 – 14:45.

Ons skaak staan onder die leiding van Mev. Karin Steyn en Mev. Adri van Niekerk