Rekenaarsentrum

In vandag se moderne wêreld waar alles uit rekenaars bestaan, is dit goed dat leerders al op ‘n vroeë ouderdom kennis maak met ons tegnologie. By Laerskool Monumentpark het ons ‘n goed ingerigte Rekenaarsentrum met ‘n aantal skootrekenaars waarby elke leerder in die skool ‘n kans kry om die tegnologie baas te raak. Ons leerders word die basiese vaardighede van die Microsoft-produkte wat hulle sal gebruik in hulle skoolfase aangeleer, naamlik: Word, Publisher en PowerPoint.

Die belangrikste van tegnologie is dat die leerders eerstens gemaklik daarmee moet raak, dus kry hulle darem kans vir bietjie speel wanneer die “leer” verby is. Die speel is altyd opvoedkundig, die kinders leer vooruitbeplan, redeneer en om van lang- en korttermyn geheue gebruik te maak om sodoende die speletjie te voltooi.
Rekenaars is ‘n lekker vak omdat die leerders self sien wat hulle bereik gedurende ‘n les, hier leer hulle iets wat hulle vir die res van hulle lewe gaan gebruik.

Kids Code word ook in ons rekenaarsentrum aangebied as ‘n buitemuurse aktiwiteit. Hier leer Gr 2-7 gevorderde rekenaar vaardighede aan, asook hoe om basiese rekenaar programme en speletjies te programmeer. Probleemoplossing en kritiese denkvaardighede word ontwikkel en die leerders kry die geleentheid om programmering as ‘n taal aan te leer.