Redenaars

By Laerskool Monumentpark wil ons ons kinders toerus om met selfvertroue hul stem te laat hoor. Ons skryf vir verskeie redenaarskompetisies deur die jaar in om soveel as moontlik kinders die geleentheid te gee om hul vaardighede te ontwikkel.

Al die Gr 4 – 7 leerders kry in die 1ste kwartaal geleentheid om in te skryf vir ons interne redenaarskompetisie, waar 5 leerders per graad gekies word om aan ons Senior Gala aand deel te neem. By die Gala aand word 10 leerders gekies wat dan inskryf vir die ATKV.

Die Gr 1 – 3 sprekers word identifiseer en leiding gegee deur die jaar sodat hulle met selfvertroue kan praat by die volgende kompetisies: Radikale redenaars en Oppie Tong-af redenaars. Die Gr 4 – 7 leerders kan ook vrylik inskryf vir hierdie kompetisies. Daar is deur die jaar 1 opgeleide personeellid per graad wat die kinders kan bystaan en raad gee met hul toesprake.