Opedag 2021

Geluk met u keuse om Laerskool Monumentpark se virtuele Opedag by te woon. U en u kleuter gaan op 'n opwindende manier meer van ons pragtige skool leer. Ons hoop dat u hierdie ontdekkingsreis saam geniet.

Bars die borrels by elke graad deur op die duimdrukker te klik. Geniet die videos en hou die boksie byderhand wat u by die skool opgetel het om deel te neem aan al die aktiwiteite. Die volgorde is nie belangrik nie, elkeen hou sy eie bekoring.

Maak gerus met ons kontak sou u meer inligting wil hê of dalk die skool wil besoek.