Netbal

Monnies neem aan die Jubilee A-liga deel. Ons skryf algemeen vir elke ouderdomsgroep (O/10 – O/13) A-, B- en C-spanne in, sodat almal die blootstelling kan kry tot groter kompetisie. Alhoewel ons in die eerste kwartaal begin met netbal na die atletiekseisoen, is netbal ‘n wintersport wat in die tweede kwartaal gespeel word.

Ons neem teen die volgende skole deel in die liga:
Curro College Hazeldean
Midstream College
Laerskool Louis Leipoldt

Laerskool Tygerpoort
Laerskool Lynnwood
Laerskool Die Poort

Laerskool Rooihuiskraal

Graad R, 1, 2 en 3 leerders speel mini-netbal. Hierdie dogters daag jaarliks in groot getalle op en hul entoesiasme is aansteeklik! Laerskool Monumentpark fokus op ‘n vroeë ouderdom (Graad R) op vaardigheidsontwikkeling. Die Graad R – 3 speelsters neem aan vriendskaplike mini-netbaltoernooie deel.