Hokkie

Hokkie is ‘n skoolsport wat hoofsaaklik in die derde kwartaal aangebied word. Dit is ‘n gewilde sport wat deur beide seuns en dogters gespeel word. Ons het ongeveer 250 spelers wat jaarliks van Graad 1 tot Graad 7 deelneem aan hokkie.

Ons O/7, O/8 en O/9 leerders speel mini-hokkie, hulle neem aan rondomtalies en feestoernooie deel. Dit is ons hoofdoel om ‘n liefde vir die sport by die klein outjies te kweek, asook spangees en sportmangees. Ons gee vir elke kind die geleentheid om deel te neem en in elke posisie te speel. So word noodsaaklike vaardighede aangeleer.

Die O/10, O/11, O/12 en O/13 leerders speel “senior” hokkie en neem aan ‘n formele liga deel. Ons liga word in die 3de kwartaal gespeel en ons spanne vaar elke jaar baie goed.