Blinkoog Monnies Naskooltuiste

Laerskool Monumentpark se naskoolsentrum is in 2013 geopen en is ‘n ware naskool tuiste vir ons leerders. Die personeel van die naskool se doelwit is om ‘n veilige en geborge omgewing vir elke leerder te skep, sodat ouers hul dagtake kan verrig. Hulle prioriteit is die voltooiing van leerders se huiswerk. Leerders kan ook deelneem aan kultuur-, sport- en ander aktiwiteite wat op die skoolterrein aangebied word.

Heerlike gebalanseerde middagetes word op ‘n daaglikse basis in ons ruim toegeruste eetsaal voortgesit. Die tarief vir etes is baie billik en word vars voorberei deur die Monnies Snoepie. Leerders wat nie in die eetsaal eet nie, kry ook die geleentheid om hul eie te nuttig of onder toesig te speel. Leerders ontvang elke middag 16:00 yskoue water en ete-maatjies kry ‘n toebroodjie. Die naskool beskik ook oor ‘n goed toegeruste siekekamer waar leerders met liefde na omgesien word.
‘n Goed georganiseerde vakansieskool met interessante projekte word tydens skoolvakansies aangebied.

Tye: Graad 1 – 7: 13:30 – 17:30
Vakansieskool: 07:00 – 17:30

Kontak: admin@blinkoogmonnies.co.za of 071 604 3978 (slegs weeksdae)
Kontaktye van die Naskool: SMS’e deurlopend van 07:30 – 17:30, Oproepe van 12:00 – 17:30

Soos bedryf deur Blinkoog Monnies NPC