Fasiliteite en Terrein

Laerskool Monumentpark spog met ‘n pragtige terrein. Ons terreinbestuurder en sy span werk baie hard om die terrein netjies te hou. Daar is meer as genoeg plek vir die Blinkoog Monnies om nog kinders te wees en kaalvoet te speel op die groen gras. Naas die sportvelde, spog Monnies ook met ‘n buitelug skaakbord, ‘n mini hokkie Astro, snoepie met afdakke en genoeg bankies vir leerders om op te sit. Ons tuine geniet ook daagliks aandag en word baie goed onderhou.

Daar is genoeg toesluitkassies vir leerders in Graad 4 – 7 om hulle boeke in toe te sluit en sodoende hulle swaar tasse deur die dag ligter te maak.