Ons Visie
Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding, lewenswaardes en -vaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word.
Ons Missie
Ons wil ons visie doelgerig bereik deur:
• Hoë geestelike normes en -waardes te handhaaf;
• effektiewe ouer- en gemeenskapsdeelname;
• die werwing, opleiding en behou van gehalte personeel;
• die effektiewe en professionele bestuur en beheer van die skool;
• die verryking en ontwikkeling van kurrikulum in ‘n voortdurende veranderende omgewing;
• die totale menswees van die leerder te ontwikkel;
• gehalte tegnologie en fasiliteite daar te stel;
• die unieke “Monnie Manier” uit te bou.