Ogiefees

Die Ogiefees is ‘n weeklange fees waar alle vorme van kultuur gevier word. Leerders word die geleentheid gebied om hul talent te kom wys in afdelings soos: drama, sang, dans en instrumenteel. Dit is hier waar ons ook die geleentheid het om te sien hoe hard leerders werk in hul buitemuurse aktiwiteite wat nie deel is van die skoolprogram nie.