Mnr. en Mej. Monnie

Elke jaar word die junior en senior Mnr. & Mej. Monnie gekroon gedurende ‘n gala-aand. Graad 3 en 7’s skryf in vir hierdie geleentheid. 

Figures Models Pta-Oos is al vir ‘n paar jaar deel van hierdie geleentheid waar hulle as beoordelaars optree en die wenners kry ook ‘n afrondingskursus by hulle as prys. Vanaf 2019 gaan SA Etiquette Academy en SA Girl Company ook deel wees van die jaarlikse Mnr. & Mej. Monnie geleentheid.