Leessentrum & -week

Ons spog met ‘n nuwe leessentrum wat vanaf graad 4 tot graad 7 daagliks benut word. Tans het ons twee programme beskikbaar vir die leerders, naamlik: Lesers is Leiers (Afrikaans) en Readers are Leaders (English).

Elke leerder word getoets op sy eie spoed en begripsvermoë om sodoende elke leerder op sy eie vlak te ontwikkel en te bevorder. Ons het jaarliks ‘n leesweek waar ons elke dag lees aktiwiteite en programme volg om lees vir elke leerder in ’n opwindende reis te verander en belangstelling in lees te kweek.