Landloop

Monnies skop jaarliks die landloopseisoen af met ‘n prettige massa deelname. Die stof word dan behoorlik opgereis soos wat Monnies die landloopbaan kafdraf. Elke kind word so die geleentheid gegee om deel te neem.

Alhoewel die derde kwartaal die amptelike liga seisoen is, vind oefening reeds in die 2de kwartaal plaas vir verbeterde fiksheidsvlakke. In die 3de kwartaal vind die skoleligas plaas en na afloop van die liga seisoen dring die leerders wat kwalifiseer deur na die provinsiale en nasionale kampioenskappe.

Landloop bevoordeel fiksheid vir ander sportaktiwiteite en leerders kry die geleentheid om as ‘n span die skool te verteenwoordig.