Koor

Senior Koor

Laerskool Monumentpark se seniorkoor bestaan uit leerders uit die Intersenfase (Graad 4 – 7). Daar is tans 100 koorlede. Ons oefentye is elke Woensdag van 14:30 – 16:30. Koorklere word deur die skool verskaf, wat gehuur moet word.

Die koor staan onder leiding van Franco Prinsloo en Marissa Britz is die begeleidster. Die organiseerders is Anmareth Nel en Petro van Aardt.

Die koor het ongeveer 7 optredes gedurende die jaar by verskeie kultuurfeeste van skole en kerke in Pretoria. Ons tree ook jaarliks saam met die Jakaranda kinderkoor op tydens die Winterkonsert.

Tydens die 1ste kwartaal van elke jaar onderneem hulle ‘n koorkamp waar hulle voorberei vir die jaar se optredes. Die kamp dien ook as spanbou en ken-mekaar. Elke kwartaal het die koor ook lekker ken-mekaar aktiwiteite soos: pizza-eet en dromme vir die lekkerte speel.

Die koor streef daarna om lieflike koorklanke voort te bring en om ‘n liefde vir koormusiek by kinders te wek.

 

Junior Koor

Die Juniorkoor is in 2013 begin om ons junior Monnies (Graad 1 – 3) die geleentheid te bied om hul stemmetjies te ontwikkel, asook om ‘n liefde vir musiek, sang, ritme en entoesiasme by ons Blinkogies te kweek! Ons koor bestaan tans uit 40+ leerders en ons oefen elke Woensdag van 13h45 – 14h30.

Ons het ‘n informele aanslag wat bydra tot ‘n genotvolle leerervaring. Ons fokus veral op die volgende tydens oefensessies:
• Asemhalings- en stembeheer oefeninge;
• Aanleer van nuwe liedjies;
• Korrekte artikulasie en vorming van woorde;
• Bevordering van ritme;
• Kooretiket; en
• Om ‘n liefde vir musiek te kweek wat ook die fondasie sep vir die meer gestruktureerde koorsang wat by die Senior koor voorlê.

Soos ons Blinkogies-liedjie tereg sê: “Sing is lekker dis ‘n fees, dis soveel pret om ‘n Monnie te wees!” Die Blinkoog Monnie koor staan onder leiding van Lichelle Rademeyer en die begeleidster is Leentjie Louw.