Atletiek

By Laerskool Monumentpark vind atletiek plaas in die 1ste en 4de kwartale. In die 4de kwartaal neem al die leerders (Gr 1 – Gr 6) aan die Huissport deel. Die idee van die Huissport is om al die leerders ‘n kans te gee om aan enige van die items deel te neem en sodoende vir die oefengroepe vir die res van die jaar en die volgende jaar gekies te word.

Daar word alreeds geoefen in die 4de kwartaal en daar word reeds aan twee byeenkomste deelgeneem. Daar is verskeie vriendskaplike byeenkomste in die 1ste kwartaal. Die Clusterbyeenkoms (‘n amptelike byeenkoms) is gewoonlik die 1ste week in Februarie. Daarna volg die distriksbyeenkoms waarna atlete deurgaan na die Gauteng Noord en SA kampioenskappe.

Atletiek by Laerskool Monumentpark bestaan uit agt items:
Hoogspring
• Verspring
• Gewigstoot
• Diskus
• Spiesgooi

• Naellope
• Hekkies
• Middelafstand