Last Updated
on 2012-05-16
Welkom by die Webtuiste van Laerskool MonumentparkLaerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees, deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding en lewensvaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word. Besoek gerus ons webtuiste en raak vertroud met wat Laerskool Monumentpark u kind kan bied. Vanaf 2012 sal kommunikasie hoofsaaklik deur die kommunikeerder geskied , daarom is dit belangrik dat elke ouer die kommunikeerder aflaai by: http://www.school-communicator.com/download.php MNR & MEJ MONNIE 2012Baie Geluk aan al die finaliste wat op Woensdag, 25 April aan die Mnr & Mej Monnie geleentheid deelgeneem het. Julle gedrag, voorbeeld en positiewe houdings was soos dit 'n Monnie betaam. Julle was UITMUNDEND! Die finaliste was: Graad 3: Zoë Janse van Rensburg, Carla van Wyk, Thalia Nieuwoudt, Bianca Loubser, Gerdus Labuschagne, Luan Jordaan, Joel Amos Graad 7: Brigitte Geyer, Tanika van der Merwe, Danielle Jacobs, Simoné de Bruyn, Reon Keller, Marnus Potgieter, Ruan Postma, Wiehan Schoeman
Mnr Monnie Jnr : Daniël Vermaak Mej Monnie Jnr : Annika Fitzgerald
Mnr Monnie Snr : Storme Grobler Mej Monnie Snr : Heather-Lee Rautenbach Baie dankie aan al die Monnies wat hulle kom ondersteun het! VANAF DIE BEHEERLIGGAAMDie nuwe MV-hempie bly steeds ? punt van bespreking onder ouers. Die meeste terugvoer is positief en dit blyk dat die besluit om terug te keer na Laerskool Monumentpark se goedgekeurde kleure, die verhoogde professionele voorkoms en die vestiging van ? kultuur van trots die meerderheid van ouers se steun geniet. Daar is egter hier en daar ? persepsie dat die MV-hempie lukraak verander is. Die Beheerliggaam wil aan die ouers die versekering gee dat geen veranderings gedoen word sonder die nodige navorsing en die inagneming van alle faktore nie. Die nuwe klere en die MV-hempie is tydens die Ouervergadering van Oktober 2011 aan ouers voorgehou en dit is so aanvaar. Die materiaal van die MV-hempie is behoorlik getoets om die duursaamheid daarvan te bevestig. Soos reeds aan ouers gekommunikeer, word die dikte van die materiaal nog steeds getoets. Dit is belangrik om die hempie in beide die warm en koue seisoene te evalueer. Alhoewel die MV-hempie ontwerp is om verskeie sportsoorte se kleredrag te akkommodeer, word die totale sportdrag van die skool tans ge-evalueer vir hersiening om aan te pas by die besluite soos bo vermeld. Een van die grootste oorwegings waaraan die Beheerliggaam aandag skenk is die finansiële implikasie vir ouers. Die infasering sal oor ? tydperk van 2 jaar vanaf implementering wees. Implementeringsdatums word sover moontlik so bepaal dat dit in die begin van ? jaar is sodat die inkomende graad 1's nie latere veranderings hoef te doen nie. Waar ? item egter glad nie meer beskikbaar is by enige van die verskaffers nie, word die implementeringsdatum so vasgestel dat dit met die volgende bestellings saamloop. Dit sal verhoed dat verskaffers bestellings uitstel/terughou en ouers verontrief. Eerstespan sportklere lyk anders as die normale sportdrag en word doelgemaak. Aangesien hierdie klere meestal deur borgskappe gefinansier word, raak dit nie die finansies van ouers nie. Die Beheerliggaam het die bestaande klere komitee onder voorsitterskap van mev Theresa van den Berg uitgebrei en meer ouers sal op die komitee gekoöpteer word. Die Beheerliggaam spreek sy dank uit vir u positiewe gesindheid, bydraes en insette. MONNIE-PLAKKERSSoos wat u uit verslae vanaf die Beheerliggaam kan sien, is die veiligheid van ons kinders vir ons skool van die allergrootste belang, en ons weet dat u as ouer dieselfde voel. Daarom wil ons alle ouers wat binne die terrein parkeer om kinders op en af te laai, dringend versoek om “Monnie 2012” plakkers vir hulle motors te koop. Die plakkers kos slegs R5,00. Die plakkers vorm deel van ons skool se sekuriteitsstelsel en daarom verwag die skool van die sekuriteitswag om slegs motors met die korrekte plakkers op, by die hek in te laat. Die groen Monnie-plakkers is verouderd en is met ? bruin “Monnie 2012” plakker vervang. Die bruin plakkers is reeds vanaf 16 Januarie 2012 by die skoolkantoor te koop. Ons vra weereens dat u sal saamwerk om te verseker dat geen onwelkome elemente op die skoolterrein toegelaat word nie. RESEPTEBOEKMev Rika Potgieter berig soos volg: Die graad 7's beoog om ? resepteboek uit te gee. Ons nooi almal vriendelik uit om vir me Rika Potgieter in klas 24 u resepte en boererate of kombuiswenke te stuur. Wanneer jy jou resep inskryf, kom jy in aanmerking om ? lekker snoepmandjie (“Hamper”) te wen. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2012. SKOOLDRAG VIR DIE WINTERWintersdrag: Sweetpak met nuwe groen of ou wit MV-hemp. Wit sokkies en oorwegend wit tekkies. Trui mag onder sweetpak baadjie gedra word. GEEN trui mag sonder baadjie by sweetpakbroek gedra word nie. Slegs op reëndae, mag groen Drimac gedra word. Provinsiale kleredrag: Provinsiale klere mag op elke eerste Vrydag van die maand gedra word. Graad 7 MV-klere: Graad 7 kom met skoolklere skool toe op MV dae en wissel na MV-klere SLEGS vir die MV periode. Graad 7-drag (T-hemp en LANG denim): Graad 7-leerders mag op die volgende dae hul spesiale graad 7 T-hemp en denims (LANGBROEK) dra: Donderdag, 26 April, Woensdag, 8 Augustus, Woensdag, 24 Oktober en Vrydag, 2 November. GRAAD 4 TOT 7: TOETSROOSTER VIR TWEEDE KWARTAAL
ALGEMENE REëLINGS VIR 20121. SKOOLURE VIR 2012 Graad R - halfdag: 07:28 tot 12:45 Graad R - voldag: 07:28 tot 17:30 Graad 1 en 2: 07:28 tot 13:00 Graad 3 tot 7: 07:28 tot 13:30 2. HEKKE OPEN Oggende: Graad R: 07:00 (toesig vanaf 07:00) Graad 1 tot 7: 06:40 (toesig vanaf 07:15) Middae: Graad R: 12:40 (Okapistraat en Kerk) Graad 1 en 2: 12:50 (Okapistraat en Kerk) Graad 3 tot 7: 13:20 (Lionstraat by die saal) Ouers moet asseblief nie op die terrein vir die graad 3 tot 7-leerders wag nadat hulle die graad R tot 2-leerders af gehaal het nie. Indien u moet wag vir graad 3 tot 7-leerders moet die graad R tot 2-leerders asseblief in die wagklas bly tot 13:30. Nuwe plakkers vir toegang in Lionstraat vir 2012 kan vanaf 16 Januarie 2012 by die finansieskantoor gekoop word teen R5,00 per plakker. Maak monnies.co.za jou tuisbladMonnies weer |